Nasorg
Hier speel en leer ons lekker
Die Nasorg is ‘n ouer-gefinansierde diens wat aangebied word by die skool. Bywoning is vrywillig en is slegs beskikbaar vir leerders van die skool.
Drie pakkette word aangebied, naamlik:
Voldagpakket (vanaf 12:45 – 17:30)
Halfdagpakket (vanaf 12:45 – 15:00)
3-dagpakket (enige 3 dae)
By die Nasorg kry die leerders middae ‘n gebalanseerde ete en ‘n bekertjie koeldrank. Later die middag is daar ‘n broodjie of vrug en koue water is heeltyd beskikbaar. Na ete gaan die leerders na die betrokke huiswerkklasse waar hulle met hul huiswerk bygestaan word.
Die leerders op die terrein is voltyds onder toesig van ons personeel. Daar is toesighouers wat die leerders neem na hulle betrokke sport- en ander aktiwiteite en ook weer gaan haal. Dieselfde reëls ten opsigte van dissipline by die skool, geld ook by die Nasorg. Hugo Rust Nasorg streef daarna om ‘n diens van hoë gehalte en standaard te lewer deur te sorg dat die leerders veilig en gelukkig bly.
‘n Vakansieprogram word ook elke vakansie aan nasorgleerders gebied.
Kontakpersoon:
Marlize Bohlmann (Nasorghoof)
Tel: 071 593 9112
E-pos:
nasorg@hugorust.co.za